Description
- Hierdie afdeling is NIE vir bestellings vir die ATKV Onderwerpe nie.
- Die tydsduur van die toespraak is 3 – 4 min.
- Neem asseblief kennis: Die skool gee gewoonlik ATKV onderwerpe vir die eerste kwartaal se mondelingpunt in Afrikaans.
- Indien jou kind dus met ‘n opdrag vir ‘n toespraak by die huis aankom, lees eers die informasie oor ATKV Redenaars voordat jy jou bestelling plaas.
- Indien dit nie ‘n ATKV tema is nie, gebruik die bestelvorm hieronder om te bestel.
- Hierdie toespraak bevat ‘n inleiding, 1 argument en ‘n bron(ne), ‘n samevatting en ‘n slot.
- Hierdie toespraak is SLEGS vir die kind wat graag ‘n goeie mondelingpunt wil behaal.
- Jy kry SLEGS alleenreg in jou SKOOL met hierdie toespraak. Hierdie toespraak kan gedeel word met kinders in ander skole.
- Jy kan NIE BUITE JOU SKOOL deelneem met hierdie toespraak nie.
- Indien twee kinders dieselfde toespraak lewer by ‘n kompetisie of selfs net ‘n uitdunrondte van ‘n kompetisie, sal BEIDE kinders GEDISKWALIFISEER word. Moet dus nie ‘n kans waag nie!
- Om ‘n toespraak te doen met ‘n argument en ‘n bron gee jou kind blootstelling aan redenaars en hoe om luisteraars te oortuig van ‘n standpunt.
- Die klastoespraak kan wissel in lengte soos deur jou versoek of soos voorgeskryf deur die onderwyser.
Voorwaardes en terme:
- Dit kan 2 – 3 WERKSDAE neem voordat die toespraak gereed is vir aflewering.
- STER REDENAARS formuleer ‘n onderwerp vir jou indien jy nie ‘n onderwerp invul nie.
- STER REDENAARS formuleer die argument indien ons nie ‘n geldige, oorredende argument van u ontvang nie.
- Geen toespraak mag oorgedra of herverkoop word aan ‘n derdeparty nie.
- STER REDENAARS neem geen verantwoordelikheid vir toesprake wat u met ‘n derdeparty deel. Maak seker u stuur nie die toespraak na iemand anders nie.
- Geen veranderings word na die tyd aan die toespraak gemaak nie.
- Indien daar nie ‘n betaling vir die toespraak ontvang word nie, sal ons aanneem dat u nie belangstel om voort te gaan met die bestelling nie. Geen betaling, geen toespraak.
- STER REDENAARS kan u ook nie terugbetaal as u nie van u toespraak “hou” nie want die idee en die inhoud is reeds deur u besigtig.
LET WEL:
- KOOP SLEGS DIE KLASTOESPRAAK INDIEN JY 100% SEKER IS DAT DIT NIE VIR ATKV of ENIGE ANDER KOMPETISIE DOELEINDES IS NIE EN SLEGS BINNE KLASVERBAND GAAN WEES.





Reviews
There are no reviews yet.