Debat

Daar is ‘n aantal debatskompetisies wat plaasvind deur die loop van die jaar waarvan ATKV Debat die bekendste is.  Dit is ’n nasionale kompetisie en die eerste rondtes vind gewoonlik intern plaas en daarna volg die 1ste rondte, semi-finale en nasionale rondte.  Debat vind altyd in spanverband plaas.  Die juniorspanne (Graad 8 – 9) bestaan uit 3 lede en die seniorspanne (Graad 10 – 12) uit 2 lede.

Meeste ander kompetisies neem dieselfde vorm aan as die ATKV debatskompetisie – behalwe Dink of Sink wat ‘n onvoorbereide debatskompetisie is.
Soms hou onderwysers debatskompetisies in die klas (laer- en hoërskool) vir ‘n mondelingpunt wat dalk nie heeltemal so gestruktureerd is soos die ATKV debat nie maar ons kan selfs daarmee help.

Kortom word ATKV debat in 3 dele opgedeel:

Die konstruktiewe toesprake

Die debatsgesprek (vraag en antwoord sessie)

Repliek – Juniors lewer slegs 1 spanlid repliek en Seniors lewer beide lede repliek

Daar kan egter ander voorskrifte wees wat aan ons deurgegee moet word

Ster Redenaars het die afgelope paar jaar heel party hoërskole bygestaan met hulle voorbereiding vir die ATKV kompetisie en ander debatskompetisies deur:

Die konstruktiewe toesprake vir die spanlede te skryf.

‘n Reeks vrae te voorsien wat gedurende die debatsgesprek gebruik kan word.

Die basies struktuur uiteen te sit van die repliek.

Klik op die “Bestel Hier” knoppie en verskaf die nodige inligting.