Skooltake

Benodig u kind hulp met ‘n skooltaak?  Ster Redenaars kan help om “taak-pyne” uit te skakel.  Vul die bestelvorm in met die nodige inligting en Ster Redenaars sal u binne 24 uur antwoord met ‘n kwotasie.

Voorwaardes:

Aangesien die hulp met die taak in elektroniese formaat aan u gestuur word, kan ons slegs die inhoud (of gedeeltes van die inhoud) verskaf – dus nie plakkate, hulpmiddels wat die taak moet vergesel, ens, nie.

Indien u nie ‘n spesifieke opdrag of genoegsame inligting verskaf nie, kan ons u nie kwoteer nie.

Ster Redenaars sal eers betaling versoek alvorens daar aan die taak gewerk word. Geen betaling, geen taak.

Ster Redenaars is onder geen verpligting om u versoek vir ‘n taak te voltrek nie maar onderneem om u te antwoord op u versoek binne 24 uur.

Klik op die “Bestel Hier” knoppie en verskaf die nodige inligting.