Daar is ‘n aantal debatskompetisies wat plaasvind deur die loop van die jaar waarvan ATKV Debat die bekendste is. Dit is ’n nasionale kompetisie en die eerste rondtes vind gewoonlik intern plaas en daarna volg die 1ste rondte, semi-finale en nasionale rondte. Debat vind altyd in spanverband plaas. Die juniorspanne (Graad 8 – 9) bestaan uit 3 lede en die seniorspanne (Graad 10 – 12) uit 2 lede.
Meeste ander kompetisies neem dieselfde vorm aan as die ATKV debatskompetisie – behalwe Dink of Sink wat ‘n onvoorbereide debatskompetisie is.
Soms hou onderwysers debatskompetisies in die klas (laer- en hoërskool) vir ‘n mondelingpunt wat dalk nie heeltemal so gestruktureerd is soos die ATKV debat nie maar ons kan selfs daarmee help.
Die konstruktiewe toesprake
Die debatsgesprek (vraag en antwoord sessie)
Repliek – Juniors lewer slegs 1 spanlid repliek en Seniors lewer beide lede repliek
Daar kan egter ander voorskrifte wees wat aan ons deurgegee moet word